YouVersion Logo
Search Icon

Sy Glorie, My Storie: Ingesluit in Sy HeerlikheidSample

Sy Glorie, My Storie: Ingesluit in Sy Heerlikheid

DAY 5 OF 7

Dag 5: Die Gees van Lewe in Christus

'n Wonderlike geskenk kom daarmee saam om in Christus te wees: Die inwoning van die Heilige Gees. Romeine 8:1 verklaar dat daar geen veroordeling is vir die wat in Christus Jesus is nie. Dit is nie net vryheid van sonde en veroordeling nie — dit is ook die begin van ‘n nuwe lewe wat deur die Gees bemagtig word.

Die Gees, ook genoem die Gees van Christus, woon in ons. Hy is nie net ‘n besoeker wat kom en gaan wanneer ons ‘n geestelike ervaring het nie. Ervarings en emosies verander, maar die Gees bly in ons.

Die Gees bemagtig ons om anders te dink, anders te leef en om te wandel in die nuwe lewe wat God gee. Dit verg ‘n doelbewuste keuse om in die Gees te lewe — deur jou gedagtes op die dinge van die Gees te rig, eerder as die dinge van die vlees. Dit is 'n daaglikse besluit om die nuwe lewe aan te gryp en om in God se vrede en krag te wandel.

Dink aan die aanhaling van Dallas Willard: “Genade is nie teen moeite gekant nie. Dit is teen verdienste gekant.” Die Gees bemagtig ons om ons denke op Jesus te rig en ons hele menswees tot beskikking van sy Koninkryk te stel.

Volgende tree:

Gebruik nou 10 minute om stil te raak en nooi die Heilige Gees om jou met lewe en vrede te vul. Vra God om jou te help om sy teenwoordigheid en leiding in jou daaglikse lewe te herken.

About this Plan

Sy Glorie, My Storie: Ingesluit in Sy Heerlikheid

Hierdie 7-dag leesplan wil jou help met ‘n dieper begrip van die werklikheid dat ons nou ingesluit is in Christus en sy heerlikheid. Dit sal jou identiteit in Christus versterk en jou bemagtig om met vrymoedigheid in en vir sy heerlikheid te leef. “Ingesluit in Sy Heerlikheid” is nie net ‘n konsep of ‘n tema nie – dit is die realiteit van wie jy is. As jy in Jesus glo, is jy IN CHRISTUS.

More