Sy Glorie, My Storie: Ingesluit in Sy HeerlikheidSample

Dag 6: Mede-Erfgename met Christus
Een van die kragtige waarhede van die werklikheid dat ons in Christus ingesluit is, is dat ons God se kinders en mede-erfgename met Christus is. Romeine 8:15-17 herinner ons daaraan dat ons die Gees van aanneming tot kinders ontvang het, wat ons toelaat om saam met Jesus uit te roep: “Abba, Vader!”
Wanneer Hebreërs 1:2 beskryf dat Jesus die aangestelde erfgenaam van alle dinge is, verwys dit na Psalm 2, waar God aan sy gesalfde Koning sê dat die nasies sy erfdeel sal wees. As kinders van God wat Hom aanroep as "Abba, Vader," deel ons in die koninkryk van Christus.
Om mede-erfgename met Christus te wees, beteken dus nie net dat ons in die toekoms iets gaan ontvang nie. Mede-erfgenaam beteken om nou reeds saam met Jesus te leef in sy gesag en as deel van God se familie op die missie vir God se koninkryk. Dink aan Christus wat vir ons intree terwyl Hy in die koninklike posisie aan die regterhand van die Vader sit. Deur die Heilige Gees deel ons in hierdie bediening om in te tree vir God se skepping wat steeds wag om volkome nuut gemaak te word. God bemagtig ons deur sy Gees om ‘n aktiewe rol in sy koninkrykswerk te speel. Dit is hoe Hy ons roep om nou reeds tekens te wees wat heenwys na die dag wat Hy finaal alles nuut gaan maak (Openbaring 21:5).
Volgende tree:
Dink na oor wat dit beteken om ‘n mede-erfgenaam met Christus te wees. Hoe verander hierdie waarheid die manier waarop jy jou doel en roeping sien? Skryf ‘n gebed waarin jy jou jouself (gawes, vermoëns, lewe) aan God vir sy koninkryk toewy.
Scripture
About this Plan

Hierdie 7-dag leesplan wil jou help met ‘n dieper begrip van die werklikheid dat ons nou ingesluit is in Christus en sy heerlikheid. Dit sal jou identiteit in Christus versterk en jou bemagtig om met vrymoedigheid in en vir sy heerlikheid te leef. “Ingesluit in Sy Heerlikheid” is nie net ‘n konsep of ‘n tema nie – dit is die realiteit van wie jy is. As jy in Jesus glo, is jy IN CHRISTUS.
More
Related Plans

Hebrews Part 1: Shallow Christianity

I'm Just a Guy: Who's Angry

Parties - Empowered to Go!

Seeds of Justice: Devotions From a Legacy of Faith and Justice

Acts 21:1-16 | Preparing for Death

Close Enough to Change: Experiencing the Transformative Power of Jesus

Called Out: Living the Mission

Christian Foundations 10 - Beliefs Part 2

God's Waiting Room
