YouVersion Logo
Search Icon

Sy Glorie, My Storie: Ingesluit in Sy HeerlikheidSample

Sy Glorie, My Storie: Ingesluit in Sy Heerlikheid

DAY 3 OF 7

Dag 3: Deur die Doop in Christus se Dood en Opstanding

Wanneer ons Christus se gawe van genade aanvaar, gebeur iets wonderliks — ons betree 'n nuwe lewe. Romeine 6 verduidelik dat ons deur die doop met Christus in sy dood en opstanding verenig word. Wat waar is van die Messias, is nou waar van sy mense: Toe Jesus vir die sonde gesterf het, het ons saam met Hom gesterf. Toe Hy uit die graf opgestaan het, het ons saam met Hom in 'n nuwe lewe van vryheid en genade opgestaan.

Die doop is nie net 'n ritueel nie, of ‘n simboliese handeling nie. Dit is 'n verklaring dat jy in Christus ingesluit is. God kondig oor jou lewe aan wat reeds in Christus waar is: Jy is nie meer in Adam deur sonde en dood gebind nie; jy is nou lewend in Christus, bemagtig deur sy oorwinning.

Om “lewend vir God” te wees, beteken om elke dag met 'n bewustheid van hierdie werklikheid te leef. Sonde het nie meer ‘n sê oor ons lewens nie. Ons is deur Jesus in God se koninkryk van genade gedoop. Ons hele bestaan kan nou met nuwe doel en identiteit geleef word. Ons staan in diens en in 'n verhouding met die Koning van alle konings.

Volgende tree:

As jy reeds gedoop is, dink na oor wat dit vir jou beteken het en hoe jou lewe verander het. As jy nog nie gedoop is nie, oorweeg wat dit sou beteken om jou insluiting in Christus openlik te verklaar.

Scripture

About this Plan

Sy Glorie, My Storie: Ingesluit in Sy Heerlikheid

Hierdie 7-dag leesplan wil jou help met ‘n dieper begrip van die werklikheid dat ons nou ingesluit is in Christus en sy heerlikheid. Dit sal jou identiteit in Christus versterk en jou bemagtig om met vrymoedigheid in en vir sy heerlikheid te leef. “Ingesluit in Sy Heerlikheid” is nie net ‘n konsep of ‘n tema nie – dit is die realiteit van wie jy is. As jy in Jesus glo, is jy IN CHRISTUS.

More