YouVersion Logo
Search Icon

Sy Glorie, My Storie: Ingesluit in Sy HeerlikheidSample

Sy Glorie, My Storie: Ingesluit in Sy Heerlikheid

DAY 2 OF 7

Dag 2: Genade Regeer Nou

Die kontras tussen Adam en Christus openbaar die radikale genade van God. Romeine 5:20-21 sê waar sonde vermeerder het, het genade nóg oorvloediger geword. God het nie deur Jesus van voor af begin soos met Adam nie. Hy het begin waar Adam ons gebring het — onder die heerskappy van sonde en dood.

Toe Adam se sonde as’t ware deur die wet in Israel na die oppervlak gebring is, het Jesus in daardie duisternis ingekom en gedoen wat net Hy kon doen, omdat Hy die gesalfde Koning is wat sy mense verteenwoordig. Romeine 8:3 verklaar dat God in die liggaam van Jesus die sonde in die vlees veroordeel het. Toe Jesus die volle uitwerking en gewig van sonde en die dood op Homself aan die kruis geneem het, het God finaal met sonde afgereken. Die Regter het sonde veroordeel en sy finale uitspraak oor ons was gunstig: Deur sy genade is ons regverdig verklaar.

Hierdie heerskappy van genade beteken nie dat ons kan leef soos ons wil nie; eerder bemagtig dit ons om met vryheid en doelgerig te leef. Dit herinner ons daaraan dat geen sonde té groot vir God se genade is nie. Hy nooi ons in ’n nuwe werklikheid waar ons identiteit en bestemming nie deur ons mislukkings bepaal word nie, maar deur Jesus, die gesalfde Koning (Christus) se oorwinning.

Volgende tree:

Staan 10 minute af om oor God se genade na te dink. Skryf enige iets neer waaroor jy skuldig of skaam voel. Gee dit in gebed aan God oor en vra Hom om jou te herinner aan die oorwinning van sy genade.

About this Plan

Sy Glorie, My Storie: Ingesluit in Sy Heerlikheid

Hierdie 7-dag leesplan wil jou help met ‘n dieper begrip van die werklikheid dat ons nou ingesluit is in Christus en sy heerlikheid. Dit sal jou identiteit in Christus versterk en jou bemagtig om met vrymoedigheid in en vir sy heerlikheid te leef. “Ingesluit in Sy Heerlikheid” is nie net ‘n konsep of ‘n tema nie – dit is die realiteit van wie jy is. As jy in Jesus glo, is jy IN CHRISTUS.

More