YouVersion Logo
Search Icon

Sy Glorie, My Storie: Ingesluit in Sy HeerlikheidSample

Sy Glorie, My Storie: Ingesluit in Sy Heerlikheid

DAY 4 OF 7

Dag 4: Leef Jou Nuwe Identiteit

Wanneer Paulus in Romeine 6:11 (AFR53) sê: “So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus,” gebruik hy ’n boekhou-term — soos om ’n finansiële balansstaat te bereken. Om geld aan die einde van ‘n dag se transaksies te tel, verander nie die bedrag nie. Dit help jou egter om jou finansiële posisie te verstaan en jou volgende besluite daarvolgens te neem. Paulus gebruik hierdie term om ons te help om die nuwe lewe in Christus te leef. Dit gaan nie oor hoe jy voel nie, maar om die waarheid van jou werklikheid in Christus te deurdink — om die sommetjies te maak.

Jou ou identiteit wat aan sonde en mislukking gekoppel was, is deur Jesus se dood en opstanding met ‘n nuwe identiteit in Christus vervang. Selfs wanneer dit lyk of dit nie die somtotaal van jou lewe kan wees nie, is dit die waarheid oor jou noudat jy in Christus is. Galasiërs 2:20 (AFR53) stel dit mooi: “Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my.”

Om vanuit jou nuwe identiteit te leef, beteken om in vryheid te wandel, nie meer onder die sonde se heerskappy nie. Jy word nou deur die Heilige Gees bemagtig om doelgerig volgens God se genade te leef. Elke dag is ’n geleentheid om hierdie nuwe lewe te kies en om saam met Jesus in sy sending vir God se koninkryk te leef.

Volgende tree:

Skryf drie waarhede oor jou nuwe identiteit in Christus neer (bv. ek is vergewe, ek is vry, ek is geliefd). Spreek hierdie waarhede vandag in gebed oor jouself uit.

About this Plan

Sy Glorie, My Storie: Ingesluit in Sy Heerlikheid

Hierdie 7-dag leesplan wil jou help met ‘n dieper begrip van die werklikheid dat ons nou ingesluit is in Christus en sy heerlikheid. Dit sal jou identiteit in Christus versterk en jou bemagtig om met vrymoedigheid in en vir sy heerlikheid te leef. “Ingesluit in Sy Heerlikheid” is nie net ‘n konsep of ‘n tema nie – dit is die realiteit van wie jy is. As jy in Jesus glo, is jy IN CHRISTUS.

More