Hoop wat kaalvoet loopSample

“Gló God kan!”
So lank as wat ’n mens hoop, kan jy vorentoe beweeg – ongeag die realiteite van jou situasie. Want hoop gee jou die moed om een tree voor die ander te sit.
Die feit is, daar is áltyd rede vir hoop. Want daar is altyd ’n môre – ’n môre waarin ons Vader ook sal wees. Dalk bring môre nie alles waarop jy gehoop het nie … of miskien het jy môre van voor af rede om in jouself en ander mense te twyfel. Een ding is egter waar: Jy aanbid ’n onwankelbare God.
Dit maak nie saak hoe ver jy geval het, hoe groot jou probleme is, hoe uitsigloos jou situasie lyk nie, jy kán blý hoop. Want jy aanbid ’n God wat tot enigiets in staat is; wat mure kan afbreek én in ’n oogwink herbou, wat reddelose mense met liefde kan omvou en wat enige gewillige mens op die pad van oorwinning kán lei.
GEDAGTE VIR DIE DAG: Geloof is as’t ware hoop in aksie. Dis om onwrikbaar te wéét dat jy van die plek waar jy nou is, vorentoe kan beweeg omdat God in jou volgende tree is.
GEBED: Vader-van-hoop, ek vertrou U met my lewe. Amen.
Hierdie oordenking is geneem uit HOOP WAT KAALVOET LOOP deur Milanie Vosloo © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Scripture
About this Plan

Wanneer ons hoop, kan ons enigiets oorkom … Want dan gló ons dat daar positiewe verandering kan wees, dat daar genesing sal kom … dat ons seën sal beleef. Sonder hoop verloor ons ons vreugde. Mét hoop leef ons ons droom met passie. Dit is Milanie Vosloo se boodskap aan jou in hierdie 14-dag-plan oor hoop. Die oordenkings is geneem uit Milanie se dagboek HOOP WAT KAALVOET LOOP.
More
Related Plans

Lead With Purpose: Kingdom Principles for Entrepreneurs

Israel: God's Holy Land

Horizon Church July Bible Reading Plan: Minor Prophets, Major Truths - Joel, Amos, Obadiah, Jonah, Micah & Nahum

From Waiting to the Immediate

Finding Our Worth in the Real Thing

Find & Follow Jesus, Quarter 3

Two-Year Chronological Bible Reading Plan (First Year-July)
Luke Book Study - TheStory

Healing Family Relationships Through Acceptance