Hoop wat kaalvoet loopSample

“Lig en hoop”
Ons leef in ’n tyd waarin dit voel of ons die Vrydag-van-die-kruisiging beleef. Ja, soms wonder ons of ons lewende Here sien hoe deurmekaar en stukkend hierdie wêreld is en of Hy nog in beheer is. Waarom lees en hoor ons dan van soveel korrupsie, lyding en pyn om ons? In sulke hooplose tye moet ons onthou dat daar ná die stikdonker Vrydag, toe ons Heiland gesterf het, ’n Sondag aangebreek het. ’n Sondag toe Hy, as opgestane Heer, gerusstellend aan sy treurende vriendinne by die graf gesê het hulle moenie bang wees nie.
God se genade stop nooit by die donker tye van ons lewens nie. Dit loop deur die donker tonnel sáám met ons totdat daar weer lig en hoop is. Hy het 2 000 jaar gelede die dood oorwin en hemelse lig gebring. En vandag … doen Hy dit steeds. Selfs in hierdie deurmekaar eeu is Hy steeds die Lig.
GEDAGTE VIR DIE DAG: Hou in jou donker tye vas aan die wete dat daar altyd ’n Sondag-van-lig ná die Vrydag-van-die-nag is omdat ons lewende God daar is.
GEBED: Dankie dat U – die Here wat leef – vandag en môre by my is. Amen.
Hierdie oordenking is geneem uit HOOP WAT KAALVOET LOOP deur Milanie Vosloo © Christelike Uitgewersmaatskappy.

About this Plan

Wanneer ons hoop, kan ons enigiets oorkom … Want dan gló ons dat daar positiewe verandering kan wees, dat daar genesing sal kom … dat ons seën sal beleef. Sonder hoop verloor ons ons vreugde. Mét hoop leef ons ons droom met passie. Dit is Milanie Vosloo se boodskap aan jou in hierdie 14-dag-plan oor hoop. Die oordenkings is geneem uit Milanie se dagboek HOOP WAT KAALVOET LOOP.
More
Related Plans

Cherished & Chosen: A 7-Day Challenge for Single Women

Living by Faith: 5 Lessons From the Book of Habakkuk a 5-Day Devotional by Dwan Dixon

Unmuted: Find Your Voice. Walk in Your Assignment.

Philippians: Joy in Christ

Journey Through 1 & 2 Peter and Jude

Dear Black Woman, You Are Not Alone in Your Grief

Born Again Man: 3 Day Bible Plan on Becoming the Man God Had in Mind

Unboxed: Built on Purpose

Boundaries: A Biblical Perspective