YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Hoop wat kaalvoet loopSample

Hoop wat kaalvoet loop

DAY 5 OF 14

“’n Klippie hoop” Elke keer wanneer iemand opstaan vir ’n ideaal of iets doen om ander se lewens te verbeter, stuur daardie mense ’n rimpeling van hoop uit wat oor die hele wêreld uitkring. Miskien wonder jy hoe, waar en aan wie jy ’n bepaalde vorm van hoop kan oordra. Want, soos jy, probeer elke mens op aarde om binne sy konteks te oorleef en streef almal daarna om vreugde en lewensvervulling te geniet. Wanneer ons dit besef, sal ons oë en harte ánders begin dink oor ander mense. Dis dan wanneer ons besef ons huismense, vriende, kollegas, die kassier, die motoroppasser, die persoon voor jou by die OTM … is almal op soek na hoop. Meer nog, dit is mense aan wie jý op jou unieke manier ’n stukkie hemelse lewensmoed kan gee. En rimpel-effek-hoop hoef nooit net groot dinge te wees nie, want hoop kom dikwels in die vorm van ’n spontane glimlag, ’n opbouende woord, positiewe kommentaar of opregte omgee-liefde. GEDAGTE VIR DIE DAG: Jy kan vandag ’n klippie hoop in iemand anders se hart plaas deur bloot die liefde te gaan leef. GEBED: Here, ek wil hoop aangee … ek wil vandag ’n positiewe rimpel-effek-mens wees. Amen. Hierdie oordenking is geneem uit HOOP WAT KAALVOET LOOP deur Milanie Vosloo © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Day 4Day 6

About this Plan

Hoop wat kaalvoet loop

Wanneer ons hoop, kan ons enigiets oorkom … Want dan gló ons dat daar positiewe verandering kan wees, dat daar genesing sal kom … dat ons seën sal beleef. Sonder hoop verloor ons ons vreugde. Mét hoop leef ons ons droom ...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy