Hoop wat kaalvoet loopSample

“Val in sy arms”
Voel dit soms of jy eensaam op ’n wankelrige swaaibrug staan – jy sien nie tot aan die ander (veilige) kant van vaste grond nie, en nog minder sien jy enige teken van die flikkerende vlammetjie van hoop.
Dan moet jy onthou: Lank voordat jy jou eerste baba-skree gegee het, het God reeds aan jou redding gewerk. Deur al jou lewensdae (selfs wanneer die swaaibrug-van-die-lewe vreesaanjaend onder jou wieg) was Hy altyd daar om jou vas te hou, vandag staan Hy steeds langs jou … en môre? Na môre kan jy met groot vreugde uitsien, want jou Verlosser wag vir jou by die hemelpoorte!
Jou God is getrou. Daarom kan jy Hom maar met jou hele hart vertrou. Ook nou. Meer as dit: jy kan jou sommer net aan Hom oorgee en vra dat Hy jou vang. Sy arms is nooit te kort om te help en sy genade is nooit te min nie. Bowenal raak sy liefde vir jou nóóit op nie!
GEDAGTE VIR DIE DAG: Val vandag sommer net in die arms van jou lewende God, stort jou hart voor Hom uit en laat Hom toe om jou deur sy Gees sterk te maak.
GEBED: Ek voel so veilig by U, Here. Hou my vandag dig teen u bors. Amen.
Hierdie oordenking is geneem uit HOOP WAT KAALVOET LOOP deur Milanie Vosloo © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Scripture
About this Plan

Wanneer ons hoop, kan ons enigiets oorkom … Want dan gló ons dat daar positiewe verandering kan wees, dat daar genesing sal kom … dat ons seën sal beleef. Sonder hoop verloor ons ons vreugde. Mét hoop leef ons ons droom met passie. Dit is Milanie Vosloo se boodskap aan jou in hierdie 14-dag-plan oor hoop. Die oordenkings is geneem uit Milanie se dagboek HOOP WAT KAALVOET LOOP.
More
Related Plans

Cherished & Chosen: A 7-Day Challenge for Single Women

Living by Faith: 5 Lessons From the Book of Habakkuk a 5-Day Devotional by Dwan Dixon

Unmuted: Find Your Voice. Walk in Your Assignment.

Philippians: Joy in Christ

Journey Through 1 & 2 Peter and Jude

Dear Black Woman, You Are Not Alone in Your Grief

Born Again Man: 3 Day Bible Plan on Becoming the Man God Had in Mind

Unboxed: Built on Purpose

Boundaries: A Biblical Perspective