YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Hoop wat kaalvoet loopSample

Hoop wat kaalvoet loop

DAY 8 OF 14

“Hy kan die onmoontlike doen” Soms lyk ’n situasie na ’n totale ramp en weet ons dat ons menslik gesproke bitter min daaraan kan doen. Dan is daar dié tye wanneer ons alle hoop op die herstel van iemand of die beterskap van ’n situasie verloor het. Dis die handdoek-ingooi-tye wanneer ons sommer net op ’n hoop-lose hopie wil gaan sit en onsself jammer kry. Tog is dit juis dié tye wanneer ons as kinders van die lewende God ánders kan dink as dié wat sonder Hom leef. Want Christelike vertroue wéét dat God altyd groter is as die ergste krisis, dat sy vermoëns ver bo ons gedagtes is en dat sy liefde enigiets kan verander: die onmoontlike laat gebeur. Positiewe denke is wonderlik, maar positiewe geloof is ’n bevestiging van soveel méér: Dis dié seker wete dat my God in beheer bly en dat Hy in staat is om die mees benarde situasie radikaal om te draai. GEDAGTE VIR DIE DAG: ’n Mens mag nooit jou hoop verloor nie. Want hoop is geloof in die onsienlike … in die onmoontlike. GEBED: Getroue Heer, ek hou vas aan die sekerheid wat daar in u is. Amen. Hierdie oordenking is geneem uit HOOP WAT KAALVOET LOOP deur Milanie Vosloo © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Day 7Day 9

About this Plan

Hoop wat kaalvoet loop

Wanneer ons hoop, kan ons enigiets oorkom … Want dan gló ons dat daar positiewe verandering kan wees, dat daar genesing sal kom … dat ons seën sal beleef. Sonder hoop verloor ons ons vreugde. Mét hoop leef ons ons droom ...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy