YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Hoop wat kaalvoet loopSample

Hoop wat kaalvoet loop

DAY 1 OF 14

“Mét hoop kan jy kaalvoet loop!” Hoop is nooit ’n groot vuur waarby jy jou kan verwarm en jou dag en nag heerlik kan koester nie. Dit is eerder ’n klein vlammetjie wat net genoeg lig gee wanneer dit baie donker is, skryf Izak de Villiers. Wanneer ons hoop, kan ons enigiets oorkom … Want dan gló ons dat daar positiewe verandering kan wees, dat daar genesing sal kom … dat ons seën sal beleef. Sonder hoop verloor ons ons vreugde. Mét hoop leef ons ons droom met passie. Kinders van die lewende God kan met die vaste wete leef dat ons Vader altyd in beheer is en dat Hy ons sál lei en ons veilig by sy bestemming sál uitbring. Glo vandag dat jy sy wysheid in jou het, dat sy moed in jou hart gegraveer is en dat die hoop wat Hy bring ook jóú deel is. GEDAGTE VIR DIE DAG: Met hoop kan ’n mens duisend kilometer kaalvoet loop. Sonder hoop sal selfs die beste Nike-tekkies nie die ding kan doen nie. Mag jy kaalvoet deur elke dag huppel. GEBED: Here, met my hand stewig in U s’n, hóóp ek. Amen. Hierdie oordenking is geneem uit HOOP WAT KAALVOET LOOP deur Milanie Vosloo © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Day 2

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy