YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Hoop wat kaalvoet loopSample

Hoop wat kaalvoet loop

DAY 9 OF 14

“Hoop soek die stukkie brandhout” Hoop se harp het net een snaar, maar speel voort terwyl die storms om haar slaan, lui die ou legende. Hoop kyk nie die “af” snare van jou lewe mis nie. Dit speel róndom die gebreekte snare. Want ware hoop is nie ’n feëverhaal-trooswoord nie. Dis veel eerder die moed om die werklikheid reguit in die oë te kyk, dit te aanvaar … en dan te wéét dat dit weer beter sal gaan. Een van die suksesresepte om jouself uit ’n hooplose situasie te dink is om weer te onthóú: Onthou die vorige kere toe jy ook só gevoel het, maar met jou eensnaar-harp kon blý speel. Onthou jy hoe daardie enkele stukkie hoop jou weer moed en krag gegee het? Onthou jy hoe verstom jy was oor die manier waarop God jou gedra het? Onthou jy hoe jy gevoel het toe jou probleme opgelos is? Klou vas aan die wete dat jy weer so sal voel. GEDAGTE VIR DIE DAG: Hoop soek die klein stukkie brandhout diep in jou hart en blaas hom aan sodat hy weer met nuwe passie vlamvat. GEBED: Here Jesus, help my hoop. Help my glo! Amen. Hierdie oordenking is geneem uit HOOP WAT KAALVOET LOOP deur Milanie Vosloo © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Day 8Day 10

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy