Hoop wat kaalvoet loopSample

“Selfs al sou … ”
Elkeen van ons het ons eie vyeboom-lewe. Daar’s tye wanneer dit fantasties gaan en die takke van ons harte swaar hang aan die oes wat ons oplewer. En dan is daar dié fases wanneer dit voel of ons vrug-arm is: Tye waarin ons beleef dat niks wil uitwerk nie. Dis dan wanneer ons aan onsself, ander en die lewe twyfel of maklik hoop kan verloor. Ander kere weer ervaar ons droëtak-tye wanneer dit voel of ons net nóg ’n boom is. Natuurlik is daar dié stadiums wanneer die storms van die lewe ons wortelstelsels ernstig wil uitruk en ons wonder waar ons hulp vandaan gaan kom.
Sulke dae is dit goed om weer te lees hoe innig Habakuk ook geworstel het en hoe hy geleer het om God te vertrou. Hy het gekiés om selfs in dié tye toe sy toekoms bleek en hooploos gelyk het, onvoorwaardelik te bly hoop en glo. Hy het besluit om ’n nogtans-gelowige te wees: Om ten spyte van misoes-periodes steeds in die Here se genade te jubel.
GEDAGTE VIR DIE DAG: Bid vandag dat jy altyd die vermoë sal hê om te juig oor die feit dat jy ’n verloste is wat, ondanks alles, ondersteun word deur jou getroue Vader.
GEBED: Here, saam met Habakuk getuig ek: U, die Here, is my krag. Amen.
Hierdie oordenking is geneem uit HOOP WAT KAALVOET LOOP deur Milanie Vosloo © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Scripture
About this Plan

Wanneer ons hoop, kan ons enigiets oorkom … Want dan gló ons dat daar positiewe verandering kan wees, dat daar genesing sal kom … dat ons seën sal beleef. Sonder hoop verloor ons ons vreugde. Mét hoop leef ons ons droom met passie. Dit is Milanie Vosloo se boodskap aan jou in hierdie 14-dag-plan oor hoop. Die oordenkings is geneem uit Milanie se dagboek HOOP WAT KAALVOET LOOP.
More
Related Plans

Stillness in the Chaos: A 5-Day Devotional for Busy Moms

Judge Not: Moving From Condemnation to Mercy

I Almost Committed Adultery!

A Child's Guide To: Becoming Like Jesus Through the New Testament

The Plans He Has for Me

What Makes You Beautiful: A 7 Day Devotional

Peace in a World of Chaos

For the Joy: Reignite Your Desire to Serve Like Jesus

Holy Holy (Always Be)