Blywende Hoopគំរូ

Blywende Hoop

ថ្ងៃទី 4 ក្នុងចំណោម 43 ថ្ងៃ

Gered in Hoop

Lees: Romeine 8:18–25

SOAP: Romeine 8:24–25

Ons is immers gered, en ons het nou hierdie hoop. Wat 'n mens al sien, hoop jy tog nie meer nie. Wie hoop nog op wat hy reeds sien? Maar as ons hoop op wat ons nie sien nie, wag ons daarop met volharding.

Oordenking

Om ons hoop op God te vestig, is nie passiewe aksie nie. Inteendeel, dit is ‘n bewuste keuse om jou daagliks daartoe te verbind om te onthou wie Hy is en wat Hy beloof het. Elke keer as ons aan sy beloftes vashou, elke keer as ons onthou hoe God verlossing beloof het, vergroot ons ons hoop.

Die swaarkry wat ons in hierdie wêreld verduur is ‘n gevolg van sonde. Ons persoonllike swaarkry is miskien nie die gevolg van sonde nie, maar die oorsaak van gebrokenheid, pyn, slawerny en verval is sonde. Selfs die skepping ly onder die las van sonde, en is self onderworpe aan verval. Ons wêreld roep uit, kreun en hoop op vryheid en verlossing.

Ons wag ook op verlossing. En as ons in Christus is, het ons die gawe van hoop op wat nog kom. Hy het vir ons heerlike verlossing beloof, beide die fisieke en geestelike verlossing van ons liggame, maar dit moet nog kom. Ons leef in die spanning van om te weet wat beloof is en te wag op die koms daarvan. Ons leef in die “nog nie”.

In die “nog nie” klou ons egter aan die hoop vas — die hoop op volkome verlossing deur die werk van Jesus Christus. Te midde van slawerny klou ons aan hierdie hoop vas. Te midde van verval klou ons aan hierdie hoop vas. Terwyl ons liggame breek, ons gedagtes verander, ons geliefdes sterf, of ons regerings in duie stort, klou ons aan hierdie hoop vas. Want in hierdie hoop is ons gered. Solank ons hoop in die werk van Christus, in sy offer, opstanding en wederkoms gesetel is, is ons gered.

Hierdie hoop is wat ons laat aanhou. Sonder die hoop dat ons eendag die heerlikheid van Christus en ons volkome verlossing gaan beleef, het ons geen rede om Hom te vertrou nie. Dit is ons aktiewe keuse om daagliks aan sy beloftes vas te hou, wat ons hoop laat toeneem.

Dit mag dalk nie makliker raak in hierdie lewe nie, maar ons kan leer om te volhard. Volharding is ‘n beoefening, ‘n dissipline. Ons kan net deur volharding leer om te volhard. As ons kies om te glo dat die Een wat ons gered het, ons ook van swaarkry sal verlos, kweek ons volharding deur gretig op sy wederkoms te wag.

អត្ថបទគម្ពីរ

អំពី​គម្រោងអាន​នេះ

Blywende Hoop

"BLYWENDE HOOP" is ‘n ses weke lange Bybelstudie oor hoe om hoopvolle lewens te bou. Terwyl ons bestudeer wat die Skrif sê oor hoop en hoe om hoopvol te leef, sal ons die ongelooflike beloftes van God en sy oneindige liefde ontdek wat ons deur tydperke van swaarkry lei en versterk. Wanneer ons in hoop wandel, kan ons elke dag met vreugde en vrede leef, ongeag ons omstandighede.

More