Blywende Hoopគំរូ

Soos Christus Gemaak
Lees: 1 Johannes 3:1–3
SOAP: 1 Johannes 3:3
Elkeen wat hierdie verwagting in verband met Hom koester, hou homself rein soos Jesus rein is.
Oordenking
Die grondslag van die Christelike geloof is dat ons net uit genade, net deur geloof, en net in Christus gered is. Deur die genade van God word ons verlossing van ons sondes gebied. Ons aanvaar sy genade deur ons geloof in Jesus Christus en sy lewe, dood en opstanding. Geloof op sigself is ‘n geskenk van God. Aangesien God in sy genade vir ons geloof gegee het, het ons die vaste hoop dat Hy ons hemel toe gaan neem.
God het ons toegelaat om sy kinders te wees, om in sy familie verwelkom te word omdat Hy ons liefgehad het. Ons het niks gedoen om ons verlossing te verdien nie, maar deur sy genade alleen word sy liefde aan ons gebied. God se liefde is ongelooflik. Hy spreek ons van ons sondes vry op grond van Christus se offer. En dan verander Hy ons om soos Christus te wees. Wanneer ons deur die wedergeboorte kinders van God word, woon die Heilige Gees in ons en begin Hy in ons lewens werk om ons al hoe meer na die beeld van Christus te vorm. Hy werk in al ons omstandighede om ons te reinig terwyl ons op Jesus se wederkoms wag.
Terwyl ons wag, vestig ons ons hoop op Jesus. Hy het beloof om ons te verlos en te heilig en ons vertrou sy woorde. Wanneer ons die aktiewe keuse maak om ons hoop op Hom en sy verlossingswerk in ons te plaas, word ons gereinig omdat ons op Hom gefokus is. En soos ons meer soos Christus gemaak word, neem ons begrip van God se karakter en sy liefde toe.
Hoop spoor ons aan om meer soos Christus te wees terwyl ons ons versekering put uit die belofte dat ons eendag soos Hy gaan wees. God is besig om in jou te werk. Jy kan seker wees dat Hy aan die werk is om jou meer soos Christus te maak, ongeag waarvoor jy vandag te staan kom. Hou aan hoop op sy beloftes. Hou aan hoop op sy wederkoms wanneer jy Hom uiteindelik gaan sien. God sal nooit ophou werk totdat jy in Jesus volkome gemaak is nie. Ons verstaan miskien nie wat God besig is om te doen nie, maar wat dit ook al is, kan ons vol vertroue wees dat Hy aan die werk is om ons al hoe meer soos Christus te maak.
អត្ថបទគម្ពីរ
អំពីគម្រោងអាននេះ

"BLYWENDE HOOP" is ‘n ses weke lange Bybelstudie oor hoe om hoopvolle lewens te bou. Terwyl ons bestudeer wat die Skrif sê oor hoop en hoe om hoopvol te leef, sal ons die ongelooflike beloftes van God en sy oneindige liefde ontdek wat ons deur tydperke van swaarkry lei en versterk. Wanneer ons in hoop wandel, kan ons elke dag met vreugde en vrede leef, ongeag ons omstandighede.
More