Leesplan inligting

"Die Ander Ses" Oordenking ReeksVoorbeeld

"The Other Six" Devotional Series

DAG 5 VAN 40

Lees die Bybel // Afdeling 1: Hoe het Ons dit Gekry?



Hierdie storie is ongelooflik kragtig. Stefanus is 'n goeie voorbeeld van iemand in die Bybel wat die storie van God se verkose mense en sy verlossing oor die jare heen, oorvertel het kort voordat hy gesterf het. Daar is talle stories waarvan ons weet wat oorvertel is deur kerkvaders, van mense wat afgeslag, gehang, gestening en gewelddadig vermoor is vir hulle geloof. As hierdie mense bereid was om al hierdie dinge deur te maak, moet dit sekerlik wees dat hulle kan getuig van 'n ongelooflike lewensverandering.



Indien die storie van Jesus net 'n versinsel van sommige mense was wat Hom gevolg het voordat Hy gekruisig is, is dit moeilik om te glo dat hulle gewillig sou wees om sulke ongelooflike pynlike dode te sterf, sonder om te erken dat dit alles net 'n versinsel was. Miljoene mense het oor duisende jare heen hulle lewens opgeoffer vir die Bybel en dit bly nog steeds die gewildste boek in die wêreld. Die Woord van God is werklik wonderlik.



Praktiese Wenke: Wanneer ons deur moeilike tye in ons lewens gaan, behoort ons geïnspireer te word deur manne en vroue soos Stefanus, wat alles op die spel geplaas het om te verseker dat die geloof oorgedra word aan die opkomende geslagte.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

"The Other Six" Devotional Series

Hierdie leesplan van 40 dae is opgestel om Christene leiding te gee oor wat dit beteken om Jesus te volg — nie net op 'n Sondag nie, maar ook op ‘Die Ander Ses’ dae van die week.

We would like to thank Journey Church for providing this plan. For more information, please visit: http://JRNY.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid