Leesplan inligting

"Die Ander Ses" Oordenking ReeksVoorbeeld

"The Other Six" Devotional Series

DAG 9 VAN 40

Lees die Bybel // Afdeling 1: Hoe het Ons dit Gekry?



Omdat die Bybel waar is, onderskei dit maklik tussen wat waar en onwaar is. Dit weerhou ons daarvan om ons sondige en vernietigende gedrag te regverdig. Omdat ons so vernuftig is om ons slegte gedrag te regverdig, is dit 'n baie belangrike feit om te onthou. Dit is gewoonlik 'n pynlike operasie as die Woord van God ons menslike begeertes amputeer, maar dit is die moeite werd. Dit wat maklik gebeur, is nie altyd die moeite werd nie. Daar word gesê dat vooruitgang nie sonder worsteling geskied nie. Dit is waar van omtrent enige ding in die lewe en dit is ook waar as jy toelaat dat God jou verander. Dit maak seer.



Terselfdertyd besef ons dat dit goed is vir ons. Dit is soos 'n dieët of oefensessie — niemand hou daarvan nie. Ons doen dit egter omdat ons baat vind daarby. Vra vir God om jou te wys in watter opsigte jy moet verander. Vra Hom ook om jou te versterk as die proses se harde werk begin.



Praktiese Wenke: Voorstel van hoe om te bid: “Vader, wys U vir my deur u Woord watter sonde in my lewe is. Help my om meer soos U te word.”

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

"The Other Six" Devotional Series

Hierdie leesplan van 40 dae is opgestel om Christene leiding te gee oor wat dit beteken om Jesus te volg — nie net op 'n Sondag nie, maar ook op ‘Die Ander Ses’ dae van die week.

We would like to thank Journey Church for providing this plan. For more information, please visit: http://JRNY.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid