"Die Ander Ses" Oordenking ReeksVoorbeeld

Lees die Bybel // Afdeling 1: Hoe Ons dit Gekry het
Die stelling wat Paulus hier maak, is kragtig. Hy stel dit baie duidelik dat ons nie sommer net lukraak kan kies watter Bybelgedeeltes waar is en watter nie – die HELE Skrif is waardevol om ons te leer en te onderrig in geregtigheid. Hierdie idee loop hand-aan-hand met die konsep dat die Bybel geskryf is om ons toe te rus en nie net om te lees en dan te vergeet nie – dit het krag om lewens te verander en gee ons krag om die wêreld te verander! As ons egter net die woorde lees en hulle nie toelaat om ons lewens te verander nie, is dit net asof ons 'n telefoonboek lees. Die Woord van God is bedoel om lewendig en aktief te wees in ons lewens; dit kan soms uiters uitdagend wees, maar dit is die moeite werd.
As jy hierdie Bybelplan doen sonder die bedoeling om deur die Woord van God verander te word, kan jy net sowel nou dadelik stop. As jy egter bereid is om dit ten volle aan te pak en toe te laat dat God jou gebruik om die wêreld te verander, staan dan soggens 20 minute vroeër op en gebruik hierdie oordenking om aan die gang te kom.
Praktiese Wenke: Skryf hierdie vers neer en soos jy deur hierdie oordenking werk, maak 'n punt daarvan om dit hardop te lees voor elke dag se oordenking, om jou siel daaraan te herinner dat die Woord van God kragtig is. Vra spesifiek vir God dat Hy jou sal help om te begryp wat die nut van elke vers is soos wat jy die res van die oordenking bestudeer.

Aangaande hierdie leesplan

Hierdie leesplan van 40 dae is opgestel om Christene leiding te gee oor wat dit beteken om Jesus te volg — nie net op 'n Sondag nie, maar ook op ‘Die Ander Ses’ dae van die week.
More
We would like to thank Journey Church for providing this plan. For more information, please visit: http://JRNY.church