Leesplan inligting

"Die Ander Ses" Oordenking ReeksVoorbeeld

"The Other Six" Devotional Series

DAG 10 VAN 40

Lees die Bybel // Afdeling 2:Die Krag van die Woord van God



Die Woord van God is kragtig – as jy dit nie toelaat om jou heel te maak nie, sal dit die oordeel wees wat jou vernietig. Dit is nie 'n boek wat ligtelik opgeneem moet word nie – dit is lewe en dood. Bestee tyd saam met God en aanbid Hom, want dit sal jou help om nie te rebelleer as jy met jou sonde gekonfronteer word nie. Is dit nie maar wat ons doen as iemand ons teregwys nie? Ons raak verbitterd en oortuig onsself dat die ander persoon verkeerd of selfs versteurd is. Die Woord van God is nooit verkeerd nie.



Dit is nogal moeilik as ons met die waarheid gekonfronteer word. Die Woord kan ons vrymaak, maar as ons dit egter verwerp, verwerp ons die waarheid. Besluit voor die tyd dat jy volwasse genoeg sal wees om te wil verander in plaas daarvan om vernietig te word.



Praktiese Wenke: Bestee 15-20 minute daaraan om na aanbiddingsmusiek te luister en vra God om jou nederig te hou terwyl jy sy Woord, deur middel van hierdie oordenking, lees en verstaan.

Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

"The Other Six" Devotional Series

Hierdie leesplan van 40 dae is opgestel om Christene leiding te gee oor wat dit beteken om Jesus te volg — nie net op 'n Sondag nie, maar ook op ‘Die Ander Ses’ dae van die week.

We would like to thank Journey Church for providing this plan. For more information, please visit: http://JRNY.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid