"Die Ander Ses" Oordenking Reeks

Bybeldagboek
Lees die Bybel // Afdeling 1: Hoe het Ons dit Gekry?

Wanneer ons God se Woord leer ken en dit begryp, haat ons die dinge waaraan ons eens verslaaf was. God se Woord is lig – dit help ons om te sien hoe donker ons lewe eens op 'n tyd was. In plaas daarvan om onsself met mense om ons te vergelyk, word ons gedwing om onsself met 'n perfekte God, wat regverdig is, te vergelyk. Ons mislei onsself as ons oortuig is dat ons 'n 'goeie mens' sal wees as ons net beter is as die mense om ons. God se Woord help ons om te besef dat daar nie iets soos 'n 'goeie mens' bestaan nie, want ons is almal inherent sondig. Die enigste manier waarop ons kan verander, is as ons erken dat ons sondig is en op God se genade staatmaak om ons te verander soos wat ons begin om Sy Woord te lees en te gehoorsaam.

Praktiese Wenke: Lees vandag 'n paar spreuke en vra God dat Hy daardie wysheid sal gebruik om jou te wys watter leuens satan jou wil laat glo.