"Die Ander Ses" Oordenking Reeks

Bybeldagboek
Nooi Mense Kerk Toe // Afdeling 1: Verdien die Reg om te Praat

Hier is dieselfde idee, maar met 'n kinkel. Ons behoort goeie dinge te doen om ander mense op God se glorie te wys. Matteus sê dat ons, ons lig moet laat skyn en dit impliseer dat ons ook 'n lig kan hê wat NIE skyn nie. In daardie geval is ons nutteloos – wat beteken 'n lig as dit nie skyn nie? Van watter waarde is ons as ons nie ander mense na Jesus lei deur ons veranderde lewens nie? Skynheiligheid is wat baie mense afsit van geloof in Christus. Wees versigtig dat jy nie die rede is hoekom iemand nie wil kerk toe kom of God volg nie.

Praktiese Wenke: Bid dat God geleenthede sal skep vir jou om goeie dinge te doen en so jou veranderde lewe te demonstreer. Bid dat Hy deur jou dade, gedagtes en motiewe verheerlik sal word.