"Die Ander Ses" Oordenking Reeks

Bybeldagboek
Nooi Mense Kerk Toe // Afdeling 1: Verdien die Reg om te Praat

Kerke spot partykeer dat hulle mense omkoop om kerk toe te gaan, maar dalk is daar tòg Bybelse meriete daaraan. Dit geld op verskeie gebiede. Soek jy vriende? Dan moet jy 'n gewer wees wat ander seën met geskenke. Jy sal gou-gou 'n klomp vriende hê. Omkoopgeskenke sal mense nie in die kerk laat bly nie, maar dit sal hulle genoeg tyd gee om God te ervaar. Dit is Sy werk om hulle daar te hou. Ons werk is om hulle in God se teenwoordigheid te bring en hulle toelaat om self te besluit: niks meer of minder nie. Ons nooi hulle om te kom kyk wat God gedoen het en wat Hy in hulle lewens kan doen.

Praktiese Wenke: Koop iemand hierdie week om met koffie of middagete in ruil daarvoor dat hulle eerskomende Sondag saam met jou kerk toe gaan.