"Die Ander Ses" Oordenking Reeks

Bybeldagboek
Stiltetyd saam met God // Afdeling 2: Aanbidding

Aanbidding en tyd saam met God is so kragtig dat dit ons dade vir die res van die dag moet beïnvloed. Die skrywer sê hier dat ons tyd saam met God baie belangrik is – maar onthou dat dit die res van ons dag moet beïnvloed! Ons bely in der waarheid Sy naam en verkondig Sy heerlikheid deur dit wat ons doen. Daar is niks erger as 'n Christen wat baie 'tyd saam met God' spandeer en dan voor almal insny op die pad, sleg praat van hulle kollegas agter hulle rug of 'n lui werknemer is nie. Ons aanbidding behoort ons te bemagtig om anders te lewe as die res van die wêreld.

Praktiese Wenke: Na jou aanbiddingstyd, soek die res van die dag geleenthede om iets goed vir iemand anders te doen of om God se boodskap met hulle te deel.