"Die Ander Ses" Oordenking ReeksVoorbeeld

"The Other Six" Devotional Series

DAG 24 VAN 40

Stiltetyd saam met God // Afdeling 2: Aanbidding

Weer eens word ons aan nog Skrifgedeeltes voorgestel oor hoe om God te prys deur liedere en sang. Die laaste frase is belangrik om van notisie te neem: ons moet vir God sing met dankbaarheid in ons hart. Net soos wat ons baie dinge vir God of mense doen uit roetine, sonder dat dit iets beteken, so kan ons ook vir God sing sonder dankbaarheid en danksegging in ons hart. Maak hierdie week seker dat jou hart vol danksegging is as jy God aanbid. Aanbidding begin in die hart en versprei verder na die res van ons lewe.

Praktiese Wenke: Voordat jy jou dag begin, luister na aanbiddigsmusiek en bid dan en vra God om jou hart met danksegging te vul vir hierdie dag wat Hy jou gee.

Aangaande hierdie leesplan

"The Other Six" Devotional Series

Hierdie leesplan van 40 dae is opgestel om Christene leiding te gee oor wat dit beteken om Jesus te volg — nie net op 'n Sondag nie, maar ook op ‘Die Ander Ses’ dae van die week.

More

We would like to thank Journey Church for providing this plan. For more information, please visit: http://JRNY.church