Leesplan inligting

"Die Ander Ses" Oordenking ReeksVoorbeeld

"The Other Six" Devotional Series

DAG 28 VAN 40

Stiltetyd saam met God // Afdeling 2: Aanbidding



Hier kry ons 'n ander soort aanbidding – ons fokus ons gedagtes op die Woord van God en sy beginsels en weier om gelykvormig te word aan die wêreld se idee van vryheid. Daar is een voorbeeld in die eerste vers: ons gee ons liggame as 'n lewende offer aan God in plaas daarvan om te glo dat seksuele omgang met enige iemand te eniger tyd gesond is. Ons glo dat dit wat God voorstel die beste manier is. Aanbidding sluit gehoorsaamheid aan die Woord van God in, al maak dit nie aanvanklik vir ons sin nie. Ons moet vertrou dat God beter weet.



Praktiese Wenke: As jy tans seksueel verkeer met iemand met wie jy nie getroud is nie, of as jy enige iets anders doen wat tot jou nadeel is, hou op daarmee en bestudeer die Woord van God om te sien hoe jy moet optree. Probeer om genoeg tyd in jou dag in te ruim om twee hoofstukke van die Bybel te lees. So kan jy jou gedagtes op die Woord van God rig en nie die leuens glo wat die duiwel aan jou opdis nie.
Dag 27Dag 29

Aangaande hierdie leesplan

"The Other Six" Devotional Series

Hierdie leesplan van 40 dae is opgestel om Christene leiding te gee oor wat dit beteken om Jesus te volg — nie net op 'n Sondag nie, maar ook op ‘Die Ander Ses’ dae van die week.

We would like to thank Journey Church for providing this plan. For more information, please visit: http://JRNY.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid