"Die Ander Ses" Oordenking ReeksVoorbeeld

"The Other Six" Devotional Series

DAG 23 VAN 40

Stiltetyd saam met God // Afdeling 2: Aanbidding

As jy God nie prys nie, sal die klippe uitroep. Dit is die krag van God se grootheid – die hele skepping begeer om Hom te prys. Die eenvoud van hulle uitroepe is vertroostend. Ons hoef nie hoogdrawende of teologiese woorde te gebruik nie – eenvoudige woorde soos "Geseënd is die koning wat kom in die naam van die Here, prys Hom in die hoogste", is genoeg. In die psalms sien ons gebroke mense soos ons, wat na 'n perfekte God toe uitreik alhoewel hulle weet dat hulle nie met Hom vergelyk kan word nie en ook weet dat Hy hulle liefhet ten spyte van hulle gebreke. Sulke liefde is sterker as die soort waarvan daar in alledaagse liedjies gesing word. Sy liefde vergaan nooit, dit is onvoorwaardelik en amper ongelooflik — dit is so goed dat ons daaroor MOET sing.

Praktiese Wenke: Gebruik vanoggend 'n paar minute en hou 'n dinkskrum oor al die prysenswaardige karaktertrekke van God. Skryf hulle almal neer en lees dit hardop vir God.

Aangaande hierdie leesplan

"The Other Six" Devotional Series

Hierdie leesplan van 40 dae is opgestel om Christene leiding te gee oor wat dit beteken om Jesus te volg — nie net op 'n Sondag nie, maar ook op ‘Die Ander Ses’ dae van die week.

More

We would like to thank Journey Church for providing this plan. For more information, please visit: http://JRNY.church