"Die Ander Ses" Oordenking ReeksVoorbeeld

Stiltetyd saam met God // Afdeling 2: Aanbidding
Hierdie Skrifgedeelte is redelik eenvoudig en verskaf 'n paar goeie redes en maniere om God te prys. Dit gee ook vir ons 'n Bybelse agtergrond hoekom ons musiek en instrumente gebruik om God te prys – dit is 'n manier wat Hy geskep het om ons dankbaarheid en liefde teenoor Hom uit te druk. Die Skrifgedeelte eindig met die opdrag dat almal wat asem het Hom moet prys – niemand het 'n verskoning nie! Die Bybel sê die klippe sal uitroep as ons God nie prys nie. Op een of ander manier sal God geprys word: aan ons word die geleentheid gegee om in 'n verhouding met Hom te staan en Hom te eer met ons doen en late, ons gedagtes en ons woorde. Aanbidding vind nie net plaas as ons sing nie — dit is 'n leefstyl.
Praktiese Wenke: Vind 'n plek om alleen te wees vir 5-10 minute en sing vir God (alleen of saam met 'n CD); kyk op na die Hemel en erken met jou stem dat God groot is.

Aangaande hierdie leesplan

Hierdie leesplan van 40 dae is opgestel om Christene leiding te gee oor wat dit beteken om Jesus te volg — nie net op 'n Sondag nie, maar ook op ‘Die Ander Ses’ dae van die week.
More
We would like to thank Journey Church for providing this plan. For more information, please visit: http://JRNY.church