"Die Ander Ses" Oordenking ReeksVoorbeeld

Let daarop dat hierdie versgedeelte nie sê dat God DALK die gebed van 'n regverdige hoor nie, of as daardie persoon gelukkig is sal God hom DALK help nie. Dit verklaar dat 'n regverdige se gebed kragtig en effektief is, sonder dat dit aan enige voorwaarde gekoppel is. In baie ander Skrifgedeeltes (bv. Jakobus 4:2), verduidelik die Bybel dat ons nie kry wat ons wil hê nie, bloot omdat ons verkeerd bid en nié omdat God dit nie wil gee nie. God weet wat ons nodig het, nog voor ons daarvoor vra, maar Hy weet ook dat daar iets kragtig omtrent die hele proses is as ons ons versoeke tot Hom rig. Dit help ons om vrymoedig te bid en dit help ons om eienaarskap te neem van ons versoek. Dit neem ons van 'n PASSIEWE perspektief waar ons verwag dat God alles vir ons moet doen, na 'n AKTIEWE posisie waar ons 'n versoek rig aan ons goeie God. Praktiese Wenke: Wees vandag moedig en vra vir God vir die dinge wat jy nodig het.
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie leesplan van 40 dae is opgestel om Christene leiding te gee oor wat dit beteken om Jesus te volg — nie net op 'n Sondag nie, maar ook op ‘Die Ander Ses’ dae van die week.
More
We would like to thank Journey Church for providing this plan. For more information, please visit: http://JRNY.church
Verwante Leesplanne

Redding Kom

'n Bybelse Perspektief Op Sosiale Verandering

Bid Vir Jou Olifant - Bid Moedige Gebede

Glo God Is Goed — Ongeag

Die Albaste Fles

Familie Eerste Maak Saak

Die Koning Se Prag

Span Jou Tyd In Vir God

Leef Vervuld - 'n Reis deur Kolossense
