Leesplan inligting

"Die Ander Ses" Oordenking ReeksVoorbeeld

"The Other Six" Devotional Series

DAG 17 VAN 40

Stiltetyd saam met God // Afdeling 1: Gebed



Dit is nie so ingewikkeld nie — uitkoms is naby vir dié wat God vrees. Ons vrees Hom egter nie op so 'n manier dat ons te bang is om met Hom te praat nie. Ons vrees ontstaan uit verwondering en respek vir hoe groot Hy is (en die feit dat Hy ons nog steeds liefhet, ten spyte van die gemors waarin ons is)! Verder aan in hierdie vers sien ons dat ons meer tyd in gebed moet deurbring om nader aan God te kom. Ons bid ("roep Hom aan") en lees sy Woord ("roep Hom aan in waarheid"). Met ander woorde, die Woord van God help ons om ons gebede te verwoord – dit help ons om na Hom te roep in waarheid. Ons gebede is meer kragtig as ons die wysheid van God bid.



Praktiese Wenke: Vra vir God om nader aan jou te kom, soos wat jy nader aan Hom kom deur sy Woord te lees en met Hom te praat.

Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

"The Other Six" Devotional Series

Hierdie leesplan van 40 dae is opgestel om Christene leiding te gee oor wat dit beteken om Jesus te volg — nie net op 'n Sondag nie, maar ook op ‘Die Ander Ses’ dae van die week.

We would like to thank Journey Church for providing this plan. For more information, please visit: http://JRNY.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid