Leesplan inligting

"Die Ander Ses" Oordenking ReeksVoorbeeld

"The Other Six" Devotional Series

DAG 13 VAN 40

Lees die Bybel // Afdeling 2: Die Krag van die Woord van God



Die Woord van God is so kragtig dat Hy verklaar dat dit sal doen wat dit veronderstel is om te doen. Die wonder van hierdie vers is: ons het vroeër gelees dat die Woord van God 'n swaard met twee kante is en skeiding bring tussen siel en gees. Die doel van die Woord van God is dus om dié wat Hom aanvaar te verlos, maar dié wat Hom verwerp te oordeel; lewe vir sommige en dood vir ander.



Ons moet geduring waaksaam wees en nie toelaat dat ons harte verbitterd raak teenoor God nie. Terselfdertyd moet ons beskikbaar wees as ons vriende ons nodig het op hulle lewensreis. As ons sien dat hulle van God afdwaal, moet ons alles in ons vermoëns doen om hulle terug te bring.



Praktiese Wenke: Bestee vanoggend tyd daaraan om te bid vir die mense in jou lewe wat tans aan die "verkeerde kant van die swaard" is wat die Woord van God en die waarheid aanbetref. Vra vir God om hulle harte sag te maak op die manier wat net Hy kan doen, maar dat Hy ook vir jou geleenthede sal skep om die waarheid met hulle te deel.

Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

"The Other Six" Devotional Series

Hierdie leesplan van 40 dae is opgestel om Christene leiding te gee oor wat dit beteken om Jesus te volg — nie net op 'n Sondag nie, maar ook op ‘Die Ander Ses’ dae van die week.

We would like to thank Journey Church for providing this plan. For more information, please visit: http://JRNY.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid