"Die Ander Ses" Oordenking Reeks

Bybeldagboek
Lees die Bybel // Afdeling 2: Die Krag van God se Woord

Die woord van God is ons daaglikse brandstof – as ons werklik verstaan hoe groot God en hoe gebroke ons is, sal ons besef dat ons God se bevestiging, leiding en liefde nodig het. Ons almal het bevestiging nodig, maar waar ons dit kry sal bepaal in watter rigting ons lewens gaan. As ons daardie bevestiging in 'n verhouding kry, sal ons verpletter wees as daardie persoon ons teleurstel (wat alle mense op een of ander stadium sal doen).

As ons egter ons bevestiging van God kry sal ons nooit teleurgestel word nie, want Hy gee net liefde en wil toesien dat ons die beste dinge kry. God is die ENIGSTE persoon op wie ons kan staatmaak. Ons kan nie 'n beter bron van bevestiging en sekuriteit hê as God se Woorde nie.

Praktiese Wenke: Lees hierdie gedeeltes en spandeer elke oggend 5-10 minute om te dink oor hoe goed God is.