"Die Ander Ses" Oordenking Reeks

Bybeldagboek
Lees die Bybel // Afdeling 2: Die Krag van God se Woord

Jeremia is baie entoesiasties dat hy lewendig geword het deur God se woorde en hy beweer dat dit sy 'vreugde en hartsgeluk' is. Bring God se woord hierdie reaksie van ons? Indien nie, is dit miskien omdat ons nog nie die tyd afgestaan het om dit te bestudeer nie? Miskien is dit omdat ons dit nie graag lees nie, want dit laat ons sleg voel oor onsself.

Die Bybel is nie so moeilik om te verstaan nie, maar ons as Christene is baie slinks. Ons maak dit ingewikkeld sodat ons 'n verskoning het om te doen wat ons laat goed voel. Ons kan ook soos Jeremia voel as ons net ons energie gebruik om eerder God se Woord te bestudeer in plaas daarvan om ons sonde te regverdig!

Praktiese Wenke: Voor jy God se Woord lees, herhaal die vers asof jy Jeremia is: "Ek het U woorde verslind toe hulle gekom het, hulle was vir my 'n vreugde; ek was bly daaroor dat U Naam oor my uitgeroep is, Here, Almagtige God."