"Die Ander Ses" Oordenking ReeksVoorbeeld

Lees die Bybel // Afdeling 1: Hoe Ons dit Gekry het
Die eerste deel van hierdie gedeelte is in lyn met die tema van die eerste week se Skrifgedeeltes: die Woord van God is betroubaar, want dit kom direk van Hom af. Neem egter kennis van die laaste frase aan die einde. Paulus verduidelik dat die Woord van God aan die werk is in hulle wat glo – dit is 'n goeie selfondersoek vir ons as Christene. As ons werklik in God glo, is sy Woord aan die werk in ons? Met ander woorde, doen ons die dinge wat Hy aanbeveel goed is vir ons en vermy ons die dinge wat Hy sê skadelik is vir ons?
Kom ons wees eerlik met onsself. Wanneer ons besluite gebaseer is op hoe ons voel, en nie op wat God in sy Woord sê nie, lewe ons nie 'n lewe van gehoorsaamheid aan Hom nie. Jy moet alles gee as jy Jesus wil volg — is jy bereid om God te gehoorsaam selfs as dit moeilik raak?
Praktiese Wenke: Herhaal hierdie stelling voor jy vandag jou dag begin: “Ek sal U vandag eer met elke ding wat ek doen, elke gedagte wat ek kry en elke motief wat in my hart opkom.” Toets dan elke aksie, gedagte en motief gemeet aan hierdie vraag: “Bring dit eer aan God?”

Aangaande hierdie leesplan

Hierdie leesplan van 40 dae is opgestel om Christene leiding te gee oor wat dit beteken om Jesus te volg — nie net op 'n Sondag nie, maar ook op ‘Die Ander Ses’ dae van die week.
More
We would like to thank Journey Church for providing this plan. For more information, please visit: http://JRNY.church