Leesplan inligting

"Die Ander Ses" Oordenking ReeksVoorbeeld

"The Other Six" Devotional Series

DAG 2 VAN 40

Lees die Bybel // Afdeling 1: Hoe het Ons dit Gekry



Petrus help ons om die eeue-oue vraag oor die Bybel te beantwoord. "Het mense dit geskryf of het God dit fisies met 'n pen op papier geskryf?" Die verduideliking is: alhoewel mense die hele Bybel geskryf het, was hulle eie wil nie by die inspirasie daaragter betrokke nie. Met ander woorde, God se Gees het hulle gelei om dit te skryf en daarom kan ons vertrou dat God hulle nie verkeerd sou lei nie. Waarom sal God, wat almagtig is, mense toelaat om dinge van Hom te skryf wat nie waar is nie en hulle dan toelaat om die wêreld te oortuig dat dit God se woorde is?



Bo en behalwe dit, is dit moeilik om te glo dat mense wat so 'n storie sal versin, dit so akkuraat kan doen dat dit vir duisende jare onbetwisbaar is. Die Bybel is die mees geloofwaardige geskrif in die wêreld.



Praktiese wenke: Vra vir God om jou geloof in die Bybel te versterk. Glo en vertrou dat Hy geweet het, en nog steeds weet, wat Hy doen.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

"The Other Six" Devotional Series

Hierdie leesplan van 40 dae is opgestel om Christene leiding te gee oor wat dit beteken om Jesus te volg — nie net op 'n Sondag nie, maar ook op ‘Die Ander Ses’ dae van die week.

We would like to thank Journey Church for providing this plan. For more information, please visit: http://JRNY.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid