Leesplan inligting

Reis Na Die KripVoorbeeld

Journey To The Manger

DAG 16 VAN 70

 God se Verlossingsplan



Toe Jesus aarde toe gekom het, het sy eie mense Hom nie herken nie. Alhoewel die Jode geseënd was met die getuienis van hul profete en 'n lang geskiedenis van God se deurlopende getrouheid, het hulle nog steeds nie die langverwagte Messias herken nie. Hulle het volgehou dat Hy hulle sou kom red van hulle politieke onderdrukkers, heidense aanbidding en slawerny onder die Romeinse Ryk. Hy sou die koninkryk van God aankondig. In hulle gedagtes het dit beteken dat die twaalf stamme van Israel weer tot bekendheid en mag herstel sou word.



Jesus het egter nie gekom om beheer te neem en weg te doen met die veragte heidense nie-Jode nie. Hy het gekom om 'n koninkryk, nie van hierdie wêreld nie, in te lei — en om so God se waarheid en teenwoordigheid na 'n gebroke wêreld te bring.



Hoe verskillend is ons van diegene wat hulle Koning se koms misgeloop het as gevolg van trots wat hulle blind gemaak het vir die waarheid van God se verlossingswerk? Mag ons wees soos die enkeles wie se geestelike oë oop was om die ware koms van sy koninkryk te sien.



Aktiwiteit: Jesus het ons geleer om te bid vir die koninkryk wat kom. Vra 'n vreemdeling of jy vir hom of haar vir 'n spesifieke behoefte kan bid.


Dag 15Dag 17

Aangaande hierdie leesplan

Journey To The Manger

Op 'n stil nag, meer as 2 000 jaar gelede, het engele die nuus van die Verlosser se geboorte aan 'n groep herders gebring waar hulle skape opgepas het. Nadat hulle die nuus gehoor het, het hulle alles net so gelos om 'n ...

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://intouch.cc/yv18 vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid