Leesplan inligting

Reis Na Die KripVoorbeeld

Journey To The Manger

DAG 17 VAN 70

God Sien Meer



Baie mense mag dalk aanneem as Jesus vandag aarde toe sou kom, Hy 'n onberispelike, opgevoede, ryk familie sou kies om by groot te word — en sy geboorte aan 'n geselekteerde groep vooraanstaande pastore sou aankondig. Tog wys die werklikheid van die Kersverhaal die verskil uit tussen God se visie en ons wêreldse standaarde. Jesus kon dalk vandag gebore word as 'n kind van 'n hardwerkende motorwerktuigkundige in 'n lae inkomstegroep en sy kelnerin-verloofde. En dalk sou die engele verskyn het aan 'n groep oud-gevangenes wat laat werk om slote klaar te grawe.



Ons vergeet so dikwels hoe ver Maria en Josef verwyder was van enige vooraanstaande sosiale status en hoe die skaapwagters, volgens Joodse standaarde, as vuil en onbetroubaar beskou is. Elke persoon wat tydens daardie ongeëwenaarde nag om Jesus se krip gestaan het, het al verwerping en isolasie ondervind. Tog was hulle die spesiale mense, deur God gekies, om een van die heiligste gebeurtenisse van alle tye te ervaar. Hy het hulle harte en waarde raakgesien — selfs toe niemand anders het nie.



Aktiwiteit: Kry 'n groepie vriende bymekaar en bedien 'n maaltyd by 'n plaaslike skuiling vir haweloses.


Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

Journey To The Manger

Op 'n stil nag, meer as 2 000 jaar gelede, het engele die nuus van die Verlosser se geboorte aan 'n groep herders gebring waar hulle skape opgepas het. Nadat hulle die nuus gehoor het, het hulle alles net so gelos om 'n ...

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://intouch.cc/yv18 vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid