Leesplan inligting

Daaglikse Krag deur Craig Groeschel: Kos Vir Jou SielVoorbeeld

Daily Power By Craig Groeschel: Fuel For Your Soul

DAG 11 VAN 12

Dis altyd vir my interessant hoe verskillende mense dinge op verskillende maniere doen. Byvoorbeeld: as ek klaar gestort het, hou ek daarvan om my eers af te droog en dan uit die stort te klim. Sommige mense klim eers uit die stort en dan droog hulle af, terwyl water oral op die vloer drup (dis wat ek gehoor het). As ek aantrek, spuit ek eers reukweerder en dan trek ek my hemp aan. Sommige mense trek eers hulle hemp aan en spuit dan reukweerder. Wanneer ek skoene aantrek, trek ek eers my twee sokkies aan en dan my twee skoene. Sommige mense trek eers 'n sokkie en skoen aan die een voet en dan die ander voet.



Volgorde maak saak wat jou daaglikse roetine betref. Wat is die eerste ding wat jy elke dag doen? Kyk jy na sosiale media? Lees jy die nuus? Luister jy na musiek terwyl jy koffie drink? Jesus het gesê: "... beywer julle allereers vir die koninkryk van God." Hy het ons nie net geleer om God eerste te soek nie, maar het ook die voorbeeld gestel. Jesus het dikwels soggens vroeg opgestaan en alleentyd saam met sy Vader deurgebring.



Wat jy ook al doen, soek God eerste. Maak jou hart vir Hom oop. Loof en prys Hom. Drink die waarheid van sy Woord in. Laat Hom toe om jou hart te reinig, jou motiewe te suiwer en jou dade te lei. As jy Hom eerste soek, sal Hy al die ander goed in jou lewe, wat saak maak, byvoeg.



Kragbou: Vader, ek wil tyd saam met U deurbring voordat ek aandag gee aan ander prioriteite in my dag. Dankie dat U my krag, sterkte en vrede gee om my voor te berei vir wat voorlê.


Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Daily Power By Craig Groeschel: Fuel For Your Soul

Weet jy hoe ons groei? Ons oefen daagliks. Die meeste mense besef nie dis die dinge wat niemand sien nie, wat die resultate verkry wat almal wil hê. Almal wil elke dag krag hê. Hierdie 21-dag Bybelleesplan uit pastoor Cr...

More

Ons wil graag Pastoor Craig Groeschel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus http://craiggroeschel.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid