Hillsong: 40 Dae van HerlewingVoorbeeld

'n Hart vol LOF
PRYS HOM VIR DIE OES
Die oes is God se grondgebied. Hy is die een wat die oes insamel en Hy sê in sy Woord dat mense gereed en begerig is om van Hom te hoor, maar daar is net nie genoeg mense om vir hulle van Hom te vertel nie. Dis ons verantwoordelikheid om die werk te doen en die "grond" voor te berei.
Jesus antwoord hulle: “My kos is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk klaar te maak. Sê julle dan nie: ‘Daar is nog vier maande voor die oes’ nie? Ek sê nou vir julle, kyk na die landerye; hulle vertoon reeds wit van die oes. Dié wat die oes insamel, ontvang vergoeding: Die vrug wat hulle insamel, is mense wat die ewige lewe beërf. Op só ’n manier is hulle wat saai en hulle wat die oes insamel, saam bly" (Johannes 4:34-36 NLV).
God is nie op soek na ons vermoë nie maar eerder ons beskikbaarheid en gesindheid. As ons Hom met ons hele hart soek, bid en bewus is van die Heilige Gees en gewillig is om gebruik te word, is dit verstommend wat God in en deur ons kan bereik.
Baie mense besluit elke week in ons kerk om Christus te volg. Laat ons die versoeking weerstaan om dinge uit gewoonte te doen of gewoond te raak aan die wonderwerk wat gebeur as mense besluit om Christus te volg. Volhard. Bid. Pleit by God vir mense wat tot redding kom. Prys Hom dan vir die oes wat jy sien en die oes wat nog op pad is!

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie 40-dag oordenking en studie van herlewing, is die vertrekpunt om oor ons God te leer en in ons verhouding met Hom te groei. Ons kyk na die eienskappe van die grootste herlewings in die verlede — teenwoordigheid, gebed, reinheid, krag, persoonlike opoffering en lofprysing — met ontvanklike harte vir wat dit ons oor God en ons verhouding met Hom mag leer. Die doel en beloning is om God en sy weë te ken.
More
http://hillsongconference.com/home