Hillsong: 40 Dae van HerlewingVoorbeeld

Hillsong: 40 Days of Revival

DAG 37 VAN 40

'n Hart vol LOF

SÊ DANKIE

Die resultaat van 'n hart wat van dankbaarheid oorloop, is lofprysing. Wanneer ons bid en ervaar hoe God werk en gebede beantwoord, is ons menslike reaksie lofprysing en danksegging, wat op sy beurt verder geleentheid skep om tot God te bid en Hom te prys! Danksegging bring eer aan God en maak Hom bekend.

Dankbaarheid het selfs in moeilike tye krag. Romanskrywer, teoloog en Christen-apologeet, C.S. Lewis, het gesê: "Ons behoort vir alles dankie te sê; as dit goed is, omdat dit goed is, as dit sleg is omdat dit geduld en nederigheid, asook veragting vir hierdie wêreld en hoop vir ons ewige tuiste in ons bewerkstellig."

Die uitdrukking van dankbaarheid teenoor God, verhoog sy majesteit en krag. Ons geloof word versterk en ons hoop vir wat kom vermeerder, as ons op sy oppermag konsentreer en onthou wat Hy vir ons gedoen het.

Sê elke dag dankie — skryf dit neer of vertel vir iemand aan die einde van die dag van twee goed waarvoor jy dankbaar is. Dalk kan jy dit gereeld tydens aandete doen. Wees vasbeslote om 'n ingesteldheid van dankbaarheid en lofprysing te kweek.

Aangaande hierdie leesplan

Hillsong: 40 Days of Revival

Hierdie 40-dag oordenking en studie van herlewing, is die vertrekpunt om oor ons God te leer en in ons verhouding met Hom te groei. Ons kyk na die eienskappe van die grootste herlewings in die verlede — teenwoordigheid, gebed, reinheid, krag, persoonlike opoffering en lofprysing — met ontvanklike harte vir wat dit ons oor God en ons verhouding met Hom mag leer. Die doel en beloning is om God en sy weë te ken.

More

http://hillsongconference.com/home