Hillsong: 40 Dae van HerlewingVoorbeeld

'n Hart vol LOF
PRYS HOM IN JOU STILWORDPLEK
Handelinge 16 is 'n ongelooflike verhaal van die krag van lofprysing en aanbidding. Paulus en Silas was in die tronk as gevolg van die werk wat hulle vir die Here gedoen het. Te midde van hul somber omstandighede, het hul keuse om te prys nie net hul vryheid bewerkstellig nie, maar ook redding vir die tronkbewaarder en sy gesin gebring.
God het nie ons lof en aanbidding nodig nie. Ons aanbid Hom eerder tot ons eie voordeel as syne. Wanneer ons God prys en aanbid, word ons herinner aan sy krag en gesag, en dit bring ons na 'n plek van onderdanigheid en ontsag. Dit verminder die mag van sonde en duisternis oor ons lewens, en vestig ons aandag op wie God is en nie net op wat Hy kan doen nie.
Bring lof, ongeag jou omstandighede! Lofprysing in ons donkerste ure verheerlik God vir wie Hy is en nie net vir wat Hy kan doen nie. God woon waar sy mense Hom prys, so ons kan verseker wees dat wanneer ons sy Naam in aanbidding verheerlik, is Hy daar teenwoordig! Die manier waarop jy prys en aanbid is nie so belangrik as hoe jou hart daarop reageer nie.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie 40-dag oordenking en studie van herlewing, is die vertrekpunt om oor ons God te leer en in ons verhouding met Hom te groei. Ons kyk na die eienskappe van die grootste herlewings in die verlede — teenwoordigheid, gebed, reinheid, krag, persoonlike opoffering en lofprysing — met ontvanklike harte vir wat dit ons oor God en ons verhouding met Hom mag leer. Die doel en beloning is om God en sy weë te ken.
More
http://hillsongconference.com/home