Hillsong: 40 Dae van HerlewingVoorbeeld

'n Hart vol LOF
WORD VERKWIK
In Handelinge 3 leer ons dat ons 'n tyd van verkwikking kan verwag as ons tot bekering kom en Christus as ons Verlosser aanneem. Waar kom hierdie bewussyn van verkwikking vandaan? Dit gebeur as gevolg van die Here se teenwoordigheid; in die vorm van die Heilige Gees. Ons sondes word uitgewis en ons ontvang verkwikking van die Here. Dis 'n ongelooflike en onbegryplike uitruiling vir ons sonde.
Beteken dit dat ons net een keer tot bekering kom en dat die bewussyn van die verkwikking altyd teenwoordig is? Nee. Ons menslike natuur wil graag hê dat ons 'n waarlike hartsverandering ondergaan en ons dade daarmee ooreenstem, maar dit sal nie gebeur nie. Dit is van kardinale belang vir ons om voortdurend na God terug te draai, alles te onthou wat Hy vir ons gedoen het, en vas te hou aan die anker van sy hoop.
Een manier hoe ons dit kan doen is om God te prys ongeag ons emosionele gevoel, deur 'n "offer van lof" te bring waarvan Hebreërs praat (Hebreërs 13:15). Thomas Charles van Bala, het in 1791 geskryf: "Hulle wat die diepste dal van boetvaardigheid bereik het, kan die hoogste vlak van lofprysing bereik."
Dink vir 'n oomblik aan jou eerste ontmoeting met Jesus en die bewussyn van "verkwikking" wat met jou vreugde in die Here gepaard gegaan het, te midde van jou omstandighede, vorige mislukkings en seerkry.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie 40-dag oordenking en studie van herlewing, is die vertrekpunt om oor ons God te leer en in ons verhouding met Hom te groei. Ons kyk na die eienskappe van die grootste herlewings in die verlede — teenwoordigheid, gebed, reinheid, krag, persoonlike opoffering en lofprysing — met ontvanklike harte vir wat dit ons oor God en ons verhouding met Hom mag leer. Die doel en beloning is om God en sy weë te ken.
More
http://hillsongconference.com/home