Hillsong: 40 Dae van HerlewingVoorbeeld

Hillsong: 40 Days of Revival

DAG 39 VAN 40

'n Hart vol LOF

PRYS HOM IN DIE KERK

Wanneer die kerk vergader, word sy huis 'n plek waarnatoe ons ons harte, stemme, musiek en woorde kan bring om te sing en ons hemelse Vader te prys. Die krag van gesamentlike aanbidding, lê in die bemoediging wat dit vir mekaar bring op verskillende tye in ons lewens.

Ons vryheid in aanbidding laat ons toe om gemaklik te voel om te aanbid, en dit skep 'n gemaklike atmosfeer waar mense eerlik teenoor God kan wees terwyl hulle Hom deur middel van lofprysing ontmoet. Dit verkwik diegene wat stil geword het as gevolg van uitputting en gee hulle 'n nuwe lied om te sing.

Daar is 'n onmiskenbare gevoel van VREUGDE as die kerk byeenkom om te aanbid — 'n vreugde wat nie afhang van omstandighede nie, maar wat eerder 'n eienskap van hernuwing deur die Heilige Gees is.

Musiek verryk ons aanbidding. Oral op aarde is daar liedere wat gesing word om God se grootheid te verkondig. Sommige het begin as 'n uitspraak van ons kerk en het nou 'n bron geword wat plaaslike kerke verryk en mense deur middel van lofprysing in die teenwoordigheid van God inlei.

Kyk na die lofprysing in 1 Kronieke 16:8-36. Lees dit hardop terwyl jy jou hart voorberei vir Sondag se kerkdiens. Prys Hom vir alles wat Hy beplan om te doen.

Aangaande hierdie leesplan

Hillsong: 40 Days of Revival

Hierdie 40-dag oordenking en studie van herlewing, is die vertrekpunt om oor ons God te leer en in ons verhouding met Hom te groei. Ons kyk na die eienskappe van die grootste herlewings in die verlede — teenwoordigheid, gebed, reinheid, krag, persoonlike opoffering en lofprysing — met ontvanklike harte vir wat dit ons oor God en ons verhouding met Hom mag leer. Die doel en beloning is om God en sy weë te ken.

More

http://hillsongconference.com/home