Hillsong: 40 Dae van HerlewingVoorbeeld

'n Hart vol LOF
VERKONDIG JESUS
Ons almal het tye in die lewe ervaar toe ons gevoel het dat ons lewe te ingewikkeld geraak het — dalk as gevolg van verhoudinge, werk of finansies. Dank God dat ons in sulke tye die Naam van Jesus kan aanroep! Die Naam van Jesus verander nooit en is altyd teenwoordig, en kan ons lewe vereenvoudig as ons Hom in lofprysing verheerlik.
Ons geloof hoef dus ook nie ingewikkeld te wees nie. Die Heilige Gees oortuig ons van sonde (Johannes 16:8) en ons word vrygestel om eenvoudig net die Naam van Jesus te verkondig deur ons verhaal met ander te deel en vir hulle te wys dat daar 'n Verlosser is wat hulle innig liefhet en 'n plan en doel vir hulle lewe het.
Maak 'n lys van die uitdagings wat jy op die oomblik het. Skryf die Naam van Jesus langs elkeen. Begin om God te prys, konsentreer op Jesus en verkondig die krag van sy Naam oor jou omstandighede.

Aangaande hierdie leesplan

Hierdie 40-dag oordenking en studie van herlewing, is die vertrekpunt om oor ons God te leer en in ons verhouding met Hom te groei. Ons kyk na die eienskappe van die grootste herlewings in die verlede — teenwoordigheid, gebed, reinheid, krag, persoonlike opoffering en lofprysing — met ontvanklike harte vir wat dit ons oor God en ons verhouding met Hom mag leer. Die doel en beloning is om God en sy weë te ken.
More
http://hillsongconference.com/home