Hillsong: 40 Dae van HerlewingVoorbeeld

'n Hart vol LOF
VIER SY GENADE
In Ou Testamentiese tye was daar net een ingang tot die tabernakel — die plek waar 'n mens God kon ontmoet. Sodra 'n Israeliet deur die ingang in die voorhof ingegaan het met sy offer, was hy op "heilige grond".
Volgens die nuwe verbond is Christus die ingang; die "enigste manier" om in God se teenwoordigheid te kom. Die psalms-skrywer herinner ons dat dit nie beteken dat ons in werklikheid in 'n gebou inloop of in 'n kerk vergader nie, maar eerder dat ons erken dat Jesus die enigste manier is hoe ons na God kan kom. 'n Hart vol lof sien die genade van Christus — dat ons slegs deur sy offer weereens in sy teenwoordigheid is — en dis in sy teenwoordigheid waar ons verkwik en nuut gemaak word.
In gebroke tye het ons die teenwoordigheid van God die meeste nodig, en dis daar waar ons dikwels voel dat ons nie na Hom toe kan gaan nie.
Onthou dat ons nie uit ons eie probeerslae voor Hom kan staan nie, maar net deur sy genade. In plaas daarvan om met 'n lys van bekommernisse en behoeftes na Hom te gaan, word stil en dink aan Jesus Christus, en gaan dan met vrymoedigheid in sy teenwoordigheid.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie 40-dag oordenking en studie van herlewing, is die vertrekpunt om oor ons God te leer en in ons verhouding met Hom te groei. Ons kyk na die eienskappe van die grootste herlewings in die verlede — teenwoordigheid, gebed, reinheid, krag, persoonlike opoffering en lofprysing — met ontvanklike harte vir wat dit ons oor God en ons verhouding met Hom mag leer. Die doel en beloning is om God en sy weë te ken.
More
http://hillsongconference.com/home