Hillsong: 40 Dae van HerlewingVoorbeeld

Hillsong: 40 Days of Revival

DAG 1 VAN 40

Die kuns om TEENWOORDIG te wees

WAWYD WAKKER

As ons eerlik is, sal die meeste van ons erken dat ons tydperke beleef het toe die oomblikke, dae en weke ongemerk verby geglip het. Dalk was ons so besig met ons daaglikse roetines of in 'n moeilike tyd toe oorlewing 'n uitdaging was. Ten spyte van dit alles kyk ons dikwels met spyt terug na hierdie tye en voel dat oomblikke "vermors" was.

Die boek Psalms (wat altyd 'n goeie begin is wanneer ons die mensdom se tekortkominge in die gesig staar en weer op God moet konsentreer) verwoord hierdie neiging in 'n gebed van Moses. Hy vra vir God om sy impuls, om die dag te laat verbyglip, in toom te hou, en sê:

"Leer ons ons dae so gebruik dat ons wysheid bekom" (Psalm 90:12).

Hierdie vers is maklik om aan te leer en die gebed van ontelbare Christene wat elke oomblik wil benut wat hulle in genade ontvang het. Dalk kan dit vandag ook jou gebed word.

Noudat ons die studie oor herlewing begin, kom ons besluit om bewus te wees van wat God besig is om te doen. Kom ons gebruik ons dae van die begin af, luister wat God te sê het en besluit dat hierdie tydperk nie by ons sal verbyglip nie. Kom ons hou ons oë wawyd oop om te sien dat die Here teenwoordig en besig is.

Aangaande hierdie leesplan

Hillsong: 40 Days of Revival

Hierdie 40-dag oordenking en studie van herlewing, is die vertrekpunt om oor ons God te leer en in ons verhouding met Hom te groei. Ons kyk na die eienskappe van die grootste herlewings in die verlede — teenwoordigheid, gebed, reinheid, krag, persoonlike opoffering en lofprysing — met ontvanklike harte vir wat dit ons oor God en ons verhouding met Hom mag leer. Die doel en beloning is om God en sy weë te ken.

More

http://hillsongconference.com/home