Hillsong: 40 Dae van HerlewingVoorbeeld

Die besluit om dit PERSOONLIK te maak
PERSOONLIKE OFFERGAWE
’n Gesamentlike offergawe en ’n gemeenskaplike saak, was nog altyd ’n beduidende krag op aarde om eenheid en hulpbronne te bring wat die kerk kan laat vooruitgaan. Daar is baie Bybelse voorbeelde hiervan: die offergawe vir die tabernakel in die woestyn (Eksodus 35), Dawid se offergawe vir die tempel (1 Kronieke 22) en regdeur die vroeë kerk (Handelinge 2:42).
Wanneer ons in die Naam van Jesus bymekaarkom, vir sy doeleindes, kan ons soveel meer bereik as wat ons ooit as individue kan doen, en ons is selfs sterker as die somtotaal van al die individue.
Vandag kom ons as een kerk saam om te gee wat ons elkeen in ons hart besluit het, en biddend eenkant gehou het vir ons jaarlikse "Hart vir die kerk" offergawe. 'n Bewuswording van 'n gesamentlike offer bind ons saam in hart, bedoeling en doel.
Word 'n oomblik stil om hierdie dag persoonlik aan God toe te wy. Bid ook vir jou medegelowiges in Christus, en vra God se seën oor hulle op hierdie betekenisvolle dag.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie 40-dag oordenking en studie van herlewing, is die vertrekpunt om oor ons God te leer en in ons verhouding met Hom te groei. Ons kyk na die eienskappe van die grootste herlewings in die verlede — teenwoordigheid, gebed, reinheid, krag, persoonlike opoffering en lofprysing — met ontvanklike harte vir wat dit ons oor God en ons verhouding met Hom mag leer. Die doel en beloning is om God en sy weë te ken.
More
http://hillsongconference.com/home