Hillsong: 40 Dae van HerlewingVoorbeeld

Die besluit om dit PERSOONLIK te maak
'N PERSOONLIKE BESLUIT OM DIE "KOSTE TE BEREKEN"
Is jy gereed om die koste te bereken daarvan om te sien hoe mense Christus vir die eerste keer ontmoet? Wat daarvan om 'n passie vir Hom te sien ontwaak in die harte van gelowiges? Is jy gereed om jou sitplek af te staan, verder van die kerk af te parkeer en in 'n ry te staan en wag voor die diens begin? Sal jy kla en omdraai of bly en fees vier?
Dit is een ding om te sê dat ons na 'n uitstorting van die Heilige Gees uitsien en dat baie mense daardeur Christus as hulle persoonlike Verlosser leer ken en kerk toe begin kom. Dis iets anders om 'n persoonlike prys te betaal ten koste van ons eie gerief of roetine en om plek te maak vir ander om 'n ontmoeting met God te hê.
Neem 'n oomblik om jou hart te ondersoek en vir God te vra om die terreine in jou lewe te openbaar waar jy nog nie gewillig is om 'n persoonlike prys ten koste van ander mense se bekering te betaal nie. Laat toe dat Hy jou help om op hierdie terrein te groei.

Aangaande hierdie leesplan

Hierdie 40-dag oordenking en studie van herlewing, is die vertrekpunt om oor ons God te leer en in ons verhouding met Hom te groei. Ons kyk na die eienskappe van die grootste herlewings in die verlede — teenwoordigheid, gebed, reinheid, krag, persoonlike opoffering en lofprysing — met ontvanklike harte vir wat dit ons oor God en ons verhouding met Hom mag leer. Die doel en beloning is om God en sy weë te ken.
More
http://hillsongconference.com/home