Hillsong: 40 Dae van HerlewingVoorbeeld

Hillsong: 40 Days of Revival

DAG 30 VAN 40

Die besluit om dit PERSOONLIK te maak

BELÊ TYD

Ons nader nou 'n Hillsong konferensie, 'n uitstaande gebeurtenis in die lewe van ons kerk. Elke jaar kom duisende mense van regoor die wêreld bymekaar om geïnspireer en bemoedig te word en inligting te versamel van ons sprekers en span. Daar is iets kragtigs omtrent God se mense van verskillende denominasies en baie nasies wat vir een doel vergader.

Die konferensie gaan oor ons wat vergader se hier en nou, en ook oor die toekoms. Om tyd in te ruim om dit by te woon, is 'n opoffering maar ook 'n belegging. Dis jou geleentheid om teenwoordig te wees, te bid, om bemagtig te word, om te gee en om lof te bring.

Regoor gemeenskappe, stede en nasies van die wêreld, is daar nog steeds baie mense in die valleie van besluitneming en wanhoop — baie van hulle is in ons eie omgewing. Hillsong konferensie se aandbyeenkomste kan gratis deur enigeen bygewoon word. Ons bid en glo vir baie mense om te kom en Jesus te ontmoet. Wie kan jy uitnooi en saambring?

Om tyd in te ruim, geld te spandeer en vakansie te neem om na die konferensie te kom, is 'n verbintenis en toewyding om God te soek.

Aangaande hierdie leesplan

Hillsong: 40 Days of Revival

Hierdie 40-dag oordenking en studie van herlewing, is die vertrekpunt om oor ons God te leer en in ons verhouding met Hom te groei. Ons kyk na die eienskappe van die grootste herlewings in die verlede — teenwoordigheid, gebed, reinheid, krag, persoonlike opoffering en lofprysing — met ontvanklike harte vir wat dit ons oor God en ons verhouding met Hom mag leer. Die doel en beloning is om God en sy weë te ken.

More

http://hillsongconference.com/home