Hillsong: 40 Dae van HerlewingVoorbeeld

Hillsong: 40 Days of Revival

DAG 26 VAN 40

Met KRAG begenadig

VERENIG IN KRAG

Dit is kragtig om saam in die Naam van Jesus te vergader. Ons sien dit in die vroeë kerk in Handelinge. Toe hulle bymekaar gekom het, was die teenwoordigheid van God en die krag van die Heilige Gees duidelik, toe hulle in tale begin praat het, geprofeteer het en die evangelie met Goddelike selfvertroue begin verkondig het.

Wanneer die kerk vergader en 'n tyd van ontwaking en verkwikking beleef, vloei dit oor na huisgesinne, werkplekke, gemeenskappe, stede en selfs nasies. Moet nooit die krag van samekoms onderskat en hoe verreikend dit kan wees nie.

Die Britse prediker, Charles H. Spurgeon, het eenkeer gesê: "'n Ware herlewing moet in die kerk van God gesoek word. Die pêrel van herlewing kan net in die rivier van 'n genadige lewe gevind word. Dis al genoem dat 'n herlewing by God se mense moet begin; dit is baie waar, maar dis nie die volle waarheid nie. Die herlewing moet daar begin en eindig."

Aangaande hierdie leesplan

Hillsong: 40 Days of Revival

Hierdie 40-dag oordenking en studie van herlewing, is die vertrekpunt om oor ons God te leer en in ons verhouding met Hom te groei. Ons kyk na die eienskappe van die grootste herlewings in die verlede — teenwoordigheid, gebed, reinheid, krag, persoonlike opoffering en lofprysing — met ontvanklike harte vir wat dit ons oor God en ons verhouding met Hom mag leer. Die doel en beloning is om God en sy weë te ken.

More

http://hillsongconference.com/home