Hillsong: 40 Dae van HerlewingVoorbeeld

Hillsong: 40 Days of Revival

DAG 29 VAN 40

Die besluit om dit PERSOONLIK te maak

'N HART VAN ONBAATSUGTIGHEID

Om onbaatsugtig te wees — om ander se behoeftes bo jou eie te stel — is nie 'n natuurlike menslike eienskap nie. Ons natuurlike instink is om na onsself en geliefdes om te sien en ander as ons sekondêre prioriteit te beskou.

In teenstelling daarmee was Jesus se voorbeeld een van diensbaarheid. Hy het ander om Hom deurgaans gedien, Homself tweede gestel om ander voorop te stel.

Gebruik vandag tyd om deur die evangelies te gaan (die boeke van Matteus, Markus, Lukas en Johannes) en soek self voorbeelde van Jesus se onbaatsugtigheid en laat toe dat dit jou persoonlik uitdaag. Merk hulle op een of ander manier sodat jy op 'n later stadium deur hulle uitgedaag kan word.

Dink daaroor hoe onbaatsugtigheid en vrygewigheid hand aan hand gaan. Hoe kan jy jou eie begeertes en behoeftes tersyde stel om vrygewig te wees met jou liefde, tyd, woorde, vaardighede en gawes?

Maak 'n lys en kleurmerk drie dinge wat jy vandag kan doen om iemand anders te dien.

Aangaande hierdie leesplan

Hillsong: 40 Days of Revival

Hierdie 40-dag oordenking en studie van herlewing, is die vertrekpunt om oor ons God te leer en in ons verhouding met Hom te groei. Ons kyk na die eienskappe van die grootste herlewings in die verlede — teenwoordigheid, gebed, reinheid, krag, persoonlike opoffering en lofprysing — met ontvanklike harte vir wat dit ons oor God en ons verhouding met Hom mag leer. Die doel en beloning is om God en sy weë te ken.

More

http://hillsongconference.com/home